Suiwering & Fokus Oggend-Latte Kit (30 Dae)
R295,00
Sê totsiens vir oggend-breinmis en “outomaat”-funksionering.
‘n Volle maand se voorraad van premium Matcha, Ashwagandha en skoon Kollageen — klaar met die hand gemeng vir volhoubare fokus sonder die koffie-jitters.
Sluit ‘n digitale Ritueel-Kaartjie in wat reguit na jou e-pos gestuur word. Met die hand voorberei en geseën met die Woord van God vir herstel en vrede. (Onthou om die sakkie liggies te skud voor gebruik!)
Description
🧠⚡Suiwering & Fokus Oggend-Latte Kit (1-Maand Voorraad — Klaar Gemeng)
Sukkel jy om soggens aan die gang te kom? Loop jy rond met konstante “brein-mis” (brain fog) waar jy voel jy funksioneer bloot op outomaat? Koffie laat jou dalk later “crash” of gee jou daardie senuweeagtige angsgevoel.
Jou brein en neurale paaie is nie net abstrakte konsepte nie—hulle is fisiese organe wat die regte oggend-voeding nodig het om optimaal te kan floreer. Om dinge vir jou so maklik as moontlik te maak, is hierdie kragtige oggend-eliksir reeds KLAAR MET DIE HAND GEMENG vir jou in ‘n ekologiese bruinsakkie. Dit gee jou die biologiese hupstoot wat jou neurale paaie nodig het om jou daaglikse uitdagings met absolute helderheid en fokus aan te pak.
Wat jou geseënde pakkie (105g) bevat:
* Premium Pure Matcha Poeier vir volhoubare fokus sonder die koffie-jitters,
* Ashwagandha Poeier om jou oggend-streshormone te balanseer,
* 100% Pure Collagen Poeier om jou liggaam en neurale paaie op ‘n diep biologiese vlak te voed.
* Hierdie unieke mengsel is genoeg vir 30 dae se oggend-lattes.
Wil jy jou herstel na ‘n 360-grade vlak neem? Voeg ‘n skep van ons Lion’s Mane Poeier by jou Oggend-Latte vir ekstra fokus, of meng Reishi Poeier in jou Aand-Tee vir diep senuweestelsel-rustigheid.
💡 Belangrike Wenk: Omdat hierdie ‘n mengsel van baie fyn, natuurlike poeiers is, kan hulle soms ‘n bietjie saampak of skei tydens die koerier-proses. Skud asseblief die sakkie net liggies voor elke gebruik sodat die bestanddele weer lekker egalig versprei!
📲 Jou Digitale Geskenk:
Omdat ons die natuur wil bewaar, sal jou presiese Elektroniese Ritueel-Kaartjie met die oggendstappe direk na jou aankoop via e-pos na jou toe gestuur word. Jy kan dit gerieflik op jou foon oopmaak terwyl jy jou oggend-latte voorberei.
Additional information
| Weight | ,110 kg |
|---|








