Hoekom ek al my metodes in een boks moes saamsmelt (Die Storie agter die Klub)
As jy my werk al ’n rukkie volg, weet jy dat ek passievol is oor die menslike verstand en senuweestelsel. In my daaglikse praktyk werk ek met mense wat dolleeg getap is weens chroniese stres. Maar ek het telkemale agtergekom dat wanneer ’n mens net na een aspek van welstand kyk, die deurbrake nie altyd permanent bly sit nie.
As ons net met jou Denke werk, bly jou liggaam dikwels fisies vasgevang in ‘Fight or Flight’. As ons net met jou Asemhaling (Siel) werk, sit die inflammasie of uitputting steeds biologies in jou selle. En as jy net kruie vir jou Liggaam drink, is die onderbewuste stres-stories steeds besig om agter die skerms chaos te saai.
Dit is hoekom ek besef het ek moet my totale lewenswerk in een enkele plek saamsmelt. Ek wou iets skep wat tasbaar, bekostigbaar en diep terapeuties is. En dit is presies hoe Die Somatiese Siel & Salie Klub gebore is.
Die Drie Pilare in Een Ritueel
Deur hierdie klub te stig, het ek my amptelike Denkwyse-Krag metodes (om jou onderbewuste struikelblokke te ontwapen) en my wetenskaplike Asemhaling vir Kalmte tegnieke (om jou brein se alarmstelsel binne 90 sekondes te reset) in een 34-bladsy werkboek gesit.
Maar ek het dit uitgebrei. Ons gebruik nou kreatiewe somatiese kunsterapie sodat jou hand die emosies fisies kan uitvloei tot op papier, en ons anker dit biologies van binne af met die presiese, handgemaakte remedies en reseptekaartjies uit my eie Kruiewinkel.
Ek is so ongelooflik opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk. Dit is die eerste keer dat my hele praktyk as ’n Coach en ’n kruiegids saamknoop in een maandelikse ervaring vir jou.
Of jy nou bloot ons maandelikse PDF-gids op jou skerm volg vir R149, of kies dat ek jou Premium Vrede-Boks met al jou fisiese remedies en jou gedrukte boekie vir R790 by jou voordeur laat aflewer — hierdie is jou amptelike uitnodiging om jou hand in myne te sit.
Kom ons begin hierdie reis saam. Jou senuweestelsel is gereed vir sy eerste ware hawe van rus.
Lees hier: Die Padkaart — Presies wat vir jou wag in Maand 1 (Reis na Kalmte)



