
Ek is so bly dat jy gekies het om hierdie tyd vir jouself te gun. Dit is die eerste stap na ‘n ligter en rustiger gemoedstoestand.
Wat gebeur nou?
Jy sal binnekort ‘n e-pos van my ontvang met al die besonderhede en die Google Meet-skakel vir ons sessie.
As jy haastig is, of nie jou e-pos kry nie:
‘n Kort nota van my kant af:
Soos jy dalk weet, het ek ‘n gehoorprobleem. Tydens ons sessie fokus ek dus baie stip op jou en wat jy deel, en ek gebruik soms onderskrifte op my skerm om seker te maak ek vang elke woord korrek op. Ek sien daarna uit om hierdie pad saam met jou te stap.
Sien jou binnekort aanlyn!